Basiliscus | |
---|---|
Keiser van die Bisantynse Ryk | |
’n Muntstuk wat Basiliscus uitbeeld.
| |
Bewind | 9 Januarie 475 – Augustus 476 |
Volle naam | Flavius Basiliscus Augustus |
Dinastie | Thraciese |
Oorlede | Winter van 476–477 |
Voorganger | Zeno (afgesit) |
Opvolger | Zeno (herstel) |
Eggenote | Aelia Zenonis |
Kinders | Marcus |
Basiliscus (Latyn: Flavius Basiliscus Augustus, Grieks: Βασιλίσκος; d. 476/477) was die Bisantynse keiser van 475 tot 476. Hy was ’n lid van die Thraciese Dinastie en het keiser geword nadat keiser Zeno in ’n opstand uit Konstantinopel verdryf is.
Hy was die broer van Verina, die vrou van keiser Leo I (457–474). Basiliscus het daarin geslaag om die mag in 475 oor te neem vanweë die ongewildheid van die "barbaar" Zeno. Hy was egter baie ongewild en toe Zeno die mag probeer terugkry, is hy feitlik glad nie teengestaan nie. Hy is gevange geneem en vermoor.
Die stryd tussen Basiliscus en Zeno het voorkom dat hulle tussenbeide getree het om die val van die Wes-Romeinse Ryk te keer (in September 476).